Jongste aktiwiteit:

nag na dag

in geel sonstrale staan my duin stil
warm gebak in ligte wind erg koel
stilte van gees heers vandag daar
geen swewende emosies wat roer
koue lugdrade van senuwees broei
soos spyker oor sinkplaat wat gril
waar is rou emosies wat skroeiend
harte kan verteer en gesigte breek
eentonige brom van sonbesies stil
bosveld bome met kletterend sade
rooibok ram se growwe waarskuwing
maanhaar leeu se ooemf en ooemf stil
alles is in limbo – wag op iets om te gebeur
iets so hartversakend en grotesk wat dalk kom
tyd, en tye sal dalk leer waar en wanneer is dit om
mens gedrag projekteer in huis diere en natuur
soos troppe wilde honde wat tjankend jag
hiënas wat ruk en verskeur en hardop lag
kringende aasvoëls wat stadig kom sit
om die feesmaal van hierdie geslag
donker die nag wat volg op hierdie dag
weerlig-wekkend die dae wat kom
na donderweer se krag
gaan oor die brug
na helder lig

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed