Jongste aktiwiteit:

Opgewonde

ek skarrel deur dinge
soos tien ton denke
gryp ek elke oomblik
flikker dit soos liggies
speel ‘n glimlag in my
soos vlinders dawwer
in my binneste wriemel
opgewonde prikkels
stuur die seine
my hart klop woes
want blydskap vul my
van ‘n tasbare onsigbare
wesen wat my totaal en al
oortrek met vele blyheid
kry ek vrede in my met vreugde
besef ek dit is groter
as ekself…………Hy is.

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander