afgryslik
oor my duin waai daar baie wolke
wolke van verandering, en wolke wat reën
wolke van verdagmaking en goedkoop sensasie
wolke van sand in die droogte wat oogseermaak tref
wolke van gedagtes wat sweef soos meeue wat kos soek
wolke van mense wat naweek kom hou in die somer
wolke van rook uit kaggels in die winter maande
wolke wat afgryslike koue dae saambring
wolke wat mens laat dink en wonder
wolke wat jou hart verlam laat
wolke wat jou liggaam vries
wolke wat maar net wolke is
wolke wat jou lewe verbeeld
wat verby vlieg voor jou oë
en voor jy weet wanneer
is dit vergane gedagtes
en slegs geheue
wolkies
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek