Jongste aktiwiteit:

WOLKE STORM

WOLKE STORM

Ek kyk deur die venster
platneus teen die ruit
met my warm asem
is dit toe gewasem

donker swart wolke vlieg verby
dit verdwyn soos ‘n speld voor my
grom soos ‘n brillende leeu
buite lê yskorrels soos spierwit sneeu

die Hemel se helder flitse
slaan orals net soos silwer blitse
donderweer bring weer hael
die windjie is bitter skraal

so maal die wolke om en om
ek luister na die magtige storm
dit kreun so brom-brom
dit slaan my asem stom

ek moet vinnig hier wegkom
anders gaan die vrees oor my kom
ek sit bang in die hoekie so krom
die heelal ontplof net soos ‘n tydbom

©Eleen van Deventer Vorster
18/07/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed