Skakelbord dra my oor na die hemel
Soms moet jy net lees
oorgretig soos ‘n rusper als verorber
geraam in ‘n rondegang
gespoel met die wisselbaarheid van tyd
Waaraan gedagtes oorhaal
verstop ons mond
versuip ons gees
ontvlam die donker vrees
Hoe méét mens die wydte tussen hemel en aarde met ‘n slap-opgerolde-stok
Soldaat,soldaat staan stil!
Skiet my opgesluit vol-kleur
in die oseaan se diep-blou-seer
Natuur se still stowwerige stem
verdoof onder die colgate smiles
die polo playa’s
Taylor met haar gucci shoes
Golgota,golgota
As al die hoenders kon weet
wie hul eiers eet
sou hul lepel lê
onder ‘n gevurkte maan.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.