Jongste aktiwiteit:

Skakelbord dra my oor na die hemel

Soms moet jy net lees
oorgretig soos ‘n rusper als verorber
geraam in ‘n rondegang
gespoel met die wisselbaarheid van tyd

Waaraan gedagtes oorhaal
verstop ons mond
versuip ons gees
ontvlam die donker vrees

Hoe méét mens die wydte tussen hemel en aarde met ‘n slap-opgerolde-stok

Soldaat,soldaat staan stil!
Skiet my opgesluit vol-kleur
in die oseaan se diep-blou-seer

Natuur se still stowwerige stem
verdoof onder die colgate smiles
die polo playa’s
Taylor met haar gucci shoes

Golgota,golgota

As al die hoenders kon weet
wie hul eiers eet
sou hul lepel lê
onder ‘n gevurkte maan.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed