Jongste aktiwiteit:

Ek is Afrikaans

Ek is Afrikaans. Dit is die taal wat ek praat. Dit is die taal waarin ek dink. Dit is die taal waarin ek lief het.
Dit is die taal waarin ek verstaan. Dit is die taal waarin ek treur. Dit is die taal waarin ek soebat, smeek, waarin ek veg en baklei.
Ek is gebore in hierdie taal. Voor my eerste asem kon ek dit reeds herken. Voor my eerste woord het dit reeds betekenis gegee aan dit wat ek kon sien.
Ek is in hierdie taal gevorm. In hierdie taal is ek opgevoed; is ek geskool met boeke en deur onderwysers. In hierdie taal het ek bewus geraak van reg en verkeerd, het ek geleer van glo en vertrou. Het ek geleer hoe om te aanbid.
In hierdie taal het my wêreld om my begin sin maak. In hierdie taal het ek verhoudings gebou, probeer regmaak en om vergifnis gesmeek terwyl ek waardes en norme probeer behou het.
Ek het ontdek hoe ryk haar woordeskat is; die kleurvolheid van haar idioom. In grys kon ek bladsye deur middel van haar ryg, haar verken, ontgin, onthul.
Met die aanstap van my eie jare het ek geleer hoe om haar as wapen te gebruik. Ek het haar aangewend om op te staan, om te getuig. Sy is die lem wat die leun oopvlek, wat die weerloses beskerm; die wapentuig waarmee weerbares herlaai.
Sy is nie die onderdrukker nie. Sy maak vry. Sy vloei by die mond uit en bekoor die oor van elkeen wat gewillig is om te luister. Sy bespot die kortsigtige en berispe die harkoppigge.
Sy gaan soek doelbewus na elkeen wat haar in passie wil aanwend en ontwyk die wat haar waarde misken.
Sy is kosbaar.
Ek sal aanhou om my taal te praat. Ek sal in my taal skryf en ek sal dit lees en ek sal daarin dink. Ek sal elke vreugde en oorwinning daarin vier en ek sal elke onreg beveg en vir elke kind daarin soebat en smeek.
Ek is Afrikaans.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed