Jongste aktiwiteit:

Blind was my wêreld

Ek sit so ingedagte en televisie kyk, my aandag half verdeeld tussen gister en nou,toe sien ek die program van oor die honderd oumense wat hulle help met katerakte in hulle oë. Daar was een of ander campaign geloods om bejaardes te help, om weer te kan sien.

‘n Bekende oogchirurg het saam ‘n span die spesiale diens aangebied. In ‘n kamer by die Intercare-dagkliniek het hulle gewag met trane van dankbare harte. Toe hulle oogklappies afgehaal word kon hulle weer sien vir die eerste keer na soveel jare, hulle oë was nog geswel en seer maar die vreugdes was groot.

Omtrent 80% van blindheid en verswakte oë word veroorsaak deur katerakte, en die kostes is ongeveer R25000.00 tot R30 000.00 om dit te verwyder. So baie bejaardes kan dit nie bekostig nie of moet jare lank op ‘n waglys wag.

Een van die tannies het met groot opgewondenheid gesê sy kan nie wag om weer al die mooi blomme in haar tuin te kan sien nie. Sy sien so uit om weer tydskrifte en storieboeke te lees. Sy het met ‘n bewoë hart hulle bedank vir ‘n nuwe wêreld vol kleur wat vir haar oopgemaak is.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed