kinder verwagtinge
die see lê skoon gewas vandag
oral sweef en duik meeue deur die lug
ligte see briesie bring koele suurstof ryke vreugde
my gedagtes waai skoon en rustig deur die oë van my gees
oral weerklink die ligte stemme van kinders en ouers
op strand word daar kastele ontwerp en gebou
lugkastele – sand kastele en koppe sand
in die harte van klein kinders lê iets
die verwagting van geskenke
die verwagting van eet
die verwagting
wat vervaag
met tyd
soos
die
tande-muis
en sy maat
die kersfees-kous
eersdaags kan
die groot
etes
dalk ook
vervaag
©Teárlach
(Christene wat Kersfees vier behoort dit so in te rig dat dit sal pas by die saak waaroor dit gaan, naamlik Jesus se menswording en selfvernedering met die oog op ons verlossing.
Christene wat nie gewetensvryheid het om Kersfees te vier nie, is vry om dit nie te doen nie.
Hulle moet hulle ook egter weerhou van verdagmakery en wilde emosionele beskuldigings teenoor Christene wat wel Kersfees vier. Om God se kinders wat Kersfees vier van sonaanbidding of Roomse dwalings te beskuldig is regtig onbillik en liefdeloos, meer nog dis blatant oneerlik.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.