Jongste aktiwiteit:

Vertrapte hart

Bitter-suur kus rooidagbreek
jou kil asem bedek ons liefde
pynlik eggo jou aalwyn mond
wat eens mooi was
is nou verskeur, aan flarde
my vel hunker na jou geurige omhelsing
hemelblou-oë wat wolf-fluit oor my lyf
ek hoor nie meer jou bekende aroma
my ore smag jou heuning-warm stem
jou reuk sien ek in my drome
reënboog soet was my wêreld
eendag sal my hart weer liefde inadem.

© Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak