See-tango
Troetelend vingerstreel wind
oor jou bekorende branders
skaam los jy jou seeskuimprag
in lae op my leliewit strand
jou arms uitnodigend oopgesprei
speel op my hartstromme
winkend diamant-skitter jou oë
vol beloftes in vloeibare smaraglyf
in eb en gety se ritme
swaai jy jou wulpse heupe
dans ligvoets, magies, lokkend
ontlont diep vurige begeertes
fluisterend huiwer jou lippe
sproeisag teen my lyf
hou my hipnoties vasgevang
bloed polsend in my
honger vlam hartsbeloftes hoog
jou saffier-asem koester my vlees
verblydend in saamwees
oor ons eerste minnedans.
© Taai Bonthuys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.