
Hoor jy my?
Ek wou jou bel.
Dit was twee-uur in die middag
en ek wou jou bel.
Of ’n stempos stuur.
(Moet stilte dan ’n leeftyd duur.)
Laat daardie aand sou ’n dikkop skree
en eenbeen op my werf kom staan.
Die suiderkruis en ander sterre
sou spraakloos oor my dorpshuis
deur die swart nag baan.
Maar twee-uur daardie middag
wou ek jou bel.
En jou van malvas en viooltjies
en ’n janfrederik vertel.
Of ’n stempos stuur.
(Moet stilte dan ’n leeftyd duur.)
© Carma Shaw
15 Desember 2019
9:24
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Oulik bewoord. My een kras, empatielose pel se altyd: "could have, would have, should have, but didn't." Hierdie gedig laat my jou stilswye bedagsaam eerbiedig.