Band Aid Gedagtes
Momente lê oomblikke vas
deur bloed
in brein sinapse
van onthou.
Geneesde ekstase sere
het letsels in vleis,
goeters in kaste
agter sluiers
gelaat.
Draai punte
soos klein kompas naalde
wat rigting bepaal
lê wateroog
in my
kas.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.