Keuses
keuses omsling elke
wese deur duidelike aanwysings
subtiele drome, toevallige ontmoetings
lastige skuldige versoekings,
die keuses bedreig
die nou.
die pad is uitgestip
die kaart is egter vertrap
deur dae se stap
reise na ander se nood
alles verskonings om
nie nou te vertrek.
verandering is ongemak
onsekerheid oor seer of genot
ń ego spel in elke siel
status qou vereis
net ń dooie
gemoed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.