Jongste aktiwiteit:

werklik

soms lê my duin
in digte mis verberg
so is die lewe ook nie
altyd helder verlig
in waarhede nie

soms neem dit tyd
vir die wind om die mis
stadig weg te waai
en my gedagtes
skoon te maak

meer dikwels
is die son ongenadig
skerp en so baie warm
moet ek vinnig dink
besluite neem

soms gee die geruis
van branders en die see
kalmte en krag vir my hart
soos die Woord van God
vir my siel vrede bring

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed