Kom ons raak pikkewyne(silwer)
Kom ons los die kitskos,
kom ons ry verby verdwene skadu’s vol dieët pille;
kom ons raak pikkewyne,
nét ek en jy
Kom ons kou die blouse-drome
in onse loutering,
kom ons woekelplons
en prewel aan die newelson
Kom ons raak pikkewyne
swart en wit hompelompies;
dan sê jy, jy like my baaitjie
en word my ewige maaitjie
Kom ons raak pik’lewyne
in ons samesyn
waar ons in die water rond vlieg
en vergeet van al ons pyn.
©Morné du Preez
2 Kommentare
-

Seirdna
Skitterend hierdie Morne
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek