hande
–
handevol sand
gly deur my vingers
sagte, los en klam sand
skulpies krap effens
en seediertjies
skarrel
–
hierdie hande
was vol eelte gewees
toe jongman spiere was
vragte sand en klip
gelaai en gegooi
huis gebou
–
die Woord lê sag
hande wat respek ken
waarde gebring deur vlyt
gebare deur gedagtes
geskep in beweging
met gevolge
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.