verwering
–
jou ogies blink soos krale in die son
sagte blou oë wat baie kan inneem
–
jou stem kom diep uit warm boesem
waar jou siel sy hart koester en bou
–
jare se wind en weer en baringspyn
het jou gesig in weerpatrone gesny
–
uit jou mond kom net rein gedagtes
want jou hart en siel bly altyd skoon
–
so kom jou getuigskrif in die witboek
aan, wanneer die engel dit oopslaan
–
sal kinders ook eendag alles verstaan
–
©Teárlach
3 Kommentare
-

morne du preez
Goed gepen Charles so 'n diepergestelde boodskap daarmee.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek