mag God ons hoor
mag God my hoor
troossag koud
eensaam warm
my kreet val op dowe *oor
mag God my hoor
hulle swart die wêreld
hulle kou klanke koorsig
dans saam met hulle eie ek
gee vir ander nie ‘n plek
g’n vir niemand niks
woorde helder dof
trap bo-oor mekaar
die holgille maak my klaar
in hul gekheid
voel ek benoud
ek wens hulle kan stop
verstik ek alleen in my kop
my hulp is koud
my trane is warm
my pleit val op dowe *oor
mag God my hoor
Kopiereg: Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.