droomland
–
hul harte verlang
gevries op beeld
van droomland
gelofte land
–
hul harte veg
teen verandering
teen hulself en kode
verlore in self-stryd
–
hul sal eerder vlug
as veg vir vryheid
terug na bevange tyd
najaag van idilliese
–
hul is lank nie meer
trotse volk van gelowiges
wie se vuis ‘n bars kan slaan
hul stemme verkwyn
–
wie sal bly staan
na storms oor waai
wie se wortels anker
nog in ware geloof
–
vergesigte vervaag
wanneer vrees oorheers
wanneer binne gevegte
lei tot vernietigende vlug
–
slegs bittereinders
sien die werklikheid raak
deur die waas van droomland
waar die Vader lei en heers
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.