Jongste aktiwiteit:

Vryheids Dag

Dag van Ware vryheid
op donkie na die stad
gedaag voor Joodse raad
veroordeel deur verraad

Gegèsel tot byna vermink
doring kroon ingedruk
asyn virdors moet drink
onskuldig verdink

Voet en Hand deurboor
aarde oopgeskeur
voorhangsel middeldeur
duisternis op middaguur

Spies verklaar siel verlore
HY is God’s verlate
kruishout gestorwe
sodate vedeel Sy klere

Nuwe graf uit klip gekap
klipkussing vir Sy kop
klipdeur weggerol op die kop
geen balsem vir lyf en kop

Engel verkodig Opstanding
moeder in verskrikking
ou verbond vervulling
Lam van God ter slagting

Bloed van REDDING
bring vergewing
doodsangel oorwining
REDDENDE Opstanding

Vrydag van lewe en dood
bring redding in nood
jy wat glo sing ‘n nuwe noot

Ware Vryheid
is die dag van redding
deur die Vader se genade
My Verlosser LEEF




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed