Jongste aktiwiteit:

ag ja


ek woon in die mooiste land
daar is geen land soos my land
diversiteit van dier en mens

ek trek baie swaar in my land
eeue van miskenning en uitbuiting
maak my een van ‘n raar spesie

kinders staan en lag vir ons
ons ouer mense wat staan en sug
oor wat was, hul nooit sal ken

mense staan kop in die sand
agterstewe hoog en blaas koolsuurgas
in ewig vuiler skoon blou lug

dagsê my vriende wat droom
julle is al wat ek nog het van toeka
maak dat ek soms nog droom

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed