wil
–
ek wil langs die see stap
waar branders kalm stroom
oor wit strande van die lewe
–
my hart is in die branders
wat strande merk met wit some
afbaken die gebied van hulle krag
–
my siel sweef oor die deining
van skepe wat altyd kom en gaan
vergesigte van ander lande wat wink
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.