‘n Gevriesde traan
in die trietsigheid
van hierdie wintersdag
gluur die wolke grou
verby die gebleikte son,
verander die asem
van ‘n ysige wind
die biesiepol tot
gestorwe saffraan
en treur die dam –
‘n gevriesde traan
© Anzé Bezuidenhout
6 Kommentare
-
-

Viooltjie
baie goed gedoen met hierdie een, Anze :-)
-

neels
Pragtige beskrywing anze
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Hoe mooi beskryf jy die wintersdag. Knap gedaan.