hiermee verklaar ek
hiermee verklaar ek
geskryf deur Dale Penderis ©
vurig volborstig
verklaar ek vandag
jou heelnag se huil
sal verander in lag
uit woestyn se geskroei
sal ʼn pragblom weer bloei
met ʼn nuwe gemoed
sal jy mense begroet
soos een wat droom sal jy wees
want gister se seer sal genees
vanuit die ashoop sal jy staan
die weg is reeds vir jou gebaan
wan’r die Here jou lot verander
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.