Stegie
tieners skop bal
geklee in vodde klere
konfrontasie is al troos
in die stink stegie
pleisterverf skilfer, skilder
romantiek teen die muur
verhale van welslae sterf
in die stink stegie
die enigste herinner aan lekker
is leë lekkergoedpapiertjies
dat hier net vullis is
in die stink stegie
skielik val ń bal by sy voet
as ń doelskop okkasie
en die kans om eenkeer
te skree, LADUMA !
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.