Jongste aktiwiteit:

Wie is die mens

Bron’s afdeling

Wie is die mens om in opstand te kom
teen die Skepper van heelal en Sy heiligdom ?
wie is die mens – tog so verwaand
in sy denke oormatig en selfvoldaan !

Wie is die mens dat U aan ons dink
wyl ons voortdu in duistere werke rinkink
wie is ons wat mors met U werke
so sonder skuheid of skaamte en sonder perke

Wie is ek dan – dat U hand my nie wil laat gaan
as ek in spot en dwaasheid bestaan
waarom dan spuug U my nie uit U mond ?
in die listige we^reld van koudheid en stront

Want die tyd sal kom dat U skepper
met simbale geklank, swaai van die septer
sal neerdal en met skeidende hand
die lig en die duister sorteer aan n” kant

Sal U dan my steeds toevou in U hand
wyl die koues en loues in as verbrand ?
Sal U my naam kry in U groot boek
waar die andere kners in die smeulende roet ?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed