Lig in my Lewe
Dis hier diep binne my
waar geen een van weet
skyn iemand wat my ken
beter as enige een daar buite
Soggens vroeg leef dankbaarheid
in my hart, aan nog ‘n dag gegun
deur dagtake stil bewus van Ú
nabyheid so teer en vol liefde
Saans met blydskap gevul
begin my liggaam oorgee
aan rus, vrede en liefde
wetend die lig in my lewe skyn
Snoesig in kombers toegevou
bring Hy Sy woord na my
sagkens laat hoor ek my stem
en weet Hy, ek is in gesprek met Hom
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Amazon, dit is 'n keurige vers. Mooi deurspek van innerlike gedagtes en selfspraak. Baie dankie vir jou bydrae. IM