Jongste aktiwiteit:

Om te Delete

Om te Delete

Vir die potlood is daar ‘n uitveër
wat foute uitwis en regstel – – –
Op die internet word ongewenste data
eenvoudig ‘delete’ van die skerm af,
en vir die huis is daar ‘n besem of
stofsuier om vullis te verwyder nou
waarom is daar dan niks wat die brein
kan suiwer van al die hope ongewenste
trauma littekens van verlies, mislukkings
haat, nyd, en verlore liefdes en egbreuke
wat jou geheue besoedel soos inkspatsels en
vuil vlekke op ‘n mooi skoon blanko papiervel – – –
Maar die brein is geprogrammeer met
‘n geheue wat ongesif alles opslurp en
onoordeelkundig bewaar tot lewensverryking of
‘n nietigheid laat eskaleer tot wrokkige vergelding – – –
Die keuse is jou prerogatief – – –

Janetta –Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed