Spore van onthou GOUD
Spore van onthou
ek dwaal deur die onthouboek van my lewe
soms spreek die nostalgie daarvan
in sagte lyntjies teen my wang
of skeur die sluise van seer
‘n rou snik uit my bors
hier… klein voetjies, moerbei toontjies,
sproetjies oor die neus
sjokolade om die mond
haasbek vreugde en ogies rond
daar… uitbundig, vry
langbeen tiener met drome
swart satyn en silwer blom
haar hart vertrap –
was sy ooit lief vir hom?
Gister se vergeet in ‘n goue raam,
tussen blaaie van ‘n flenterboek
fluister ou geheime
in die ritsel van papier –
in die skadu’s van sketse
teen my hart se muur
Kopiereg Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek