Mens nie op dit gereken
Brons afdeling gedigte
Mens nie op dit gereken
Wonderlike uitdagende nuwe jaar
wat voorle” as n’ vars verassing
ons saam vriende , familie weer gespaar
vir wat die jaar uitdagend bied
Verby die vrolike feesgety
mense optrede soms onseker
net skadu van tyd wat oorbly
mens nie op dit gereken
My gebed was vir die jaar
vrede, naasteliefde en geloof
elke dag dankbaar vir tyd saam
word vining van lewe beroof.
Heer, wat vir ons wag
Aardbewoners nog so onseker
U beloftes so groot en waar
laat verby gaan die smart beker.
Omkyk en tyd is verby
spore van verlede in skadu verdwyn
In God ons Verlosser verbly
U in Heiligheid en lofprysing besing
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek