
POPPE VIR ‘N SPEL
Gly ‘n onbekende hand
deur die fyn touspirale van ‘n mens marionet
flikker ‘n nuwe hoop vlammetjie in die nag se chaos
in iemand se gemoed weer op
Hoe onvoorspelbaar is die dramaturg
wat sorg vir nog ‘n poppespel
glad en kunstig onder ligte van kritiek
In die donker eensaamheid
verstrengel toue en nuwes word gebind
sodat dieselfde poppe
dieselfde dialoog ritmies en onkundig kan herhaal
Losbandig en vry
speel die poppe in die kleurryke lewensdrama
totdat ‘n wit laken
voor die strak gesigte van die skare sak…
2 Kommentare
-
Anze
baie mooi Louie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Goed geskryf