
soos
soos dief in die nag
uil wat skeer oor die duine
volg doelgerig skadus van ‘n rot
wat vreesagtig piep in vlug
deur gedagtegange
sluip herinneringe luid
in nagmerrie drome vervat
koets breinselle vervaard
oorheersende tamboergeluid
wat ritmies vreesaanjaend juig
bring oer-reaksies in spier en vlam
voel vingers en bene verlam
soos alles van vandag
loop stories vars en bloots
oor elke dag se bekommernis
maak siele broos in vrees
gee, gee en gee
al meer van jou lewensweë
om jou siel en gees leeg te tap
sonder een vars asem teug
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.