Jongste aktiwiteit:

trots

 

 

hy is trots op sy herkoms

waar trots heers val DNA plat

trots is nie altyd hovaardig nie

trots gaan nie noodwendig

saam met hoë status nie

gaan dikwels ook nie

saam met rykdom nie

trots kan egter ook

voor-op-die-wa

beteken

om trots te wees

op jouself, jou kinders

wederhelfte en familie

is byna soos kultuur

jy verruil dit nie

vir geld nie

om beginselvas

met hoë morele waardes

te lewe en te wees

is ook soos trots

op jouself

om respek te hê

respekvol te lewe

respek af te dwing

deur jou nederigheid

is ook ‘n manier van trots

trots wees: met respek gesê

kom ook nie noodwendig

net onder westerlinge

voor nie – dalk meer

eie aan die woord:

beskawing

 

© Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed