Ek – die tou Goud Nov/Des Pojek
Ek – die tou
My growwe vingers grou teen jou sagte vel. Ek voel jou angs.
Ek voel die seer van onskuld wat soos n elektriese lading deur my vingers pols. Gee ek om?
Jare lank word ek verafsku. Word ek gehaat, misbruik en skreeu ek – onhoorbaar- teen onnodige geweld onder die gewig van geregtigheid. Nou is dit net ‘n speletjie. Jou onskuld beteken niks. Sadisties krom my vingers om jou nek. Met ‘n grinnik ruk ek stywer. In jou sterwens oomblik swyg ek in stil getuienis, want met jou laaste asem sug jy, “ek vergewe jou”.
kopiereg Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek