Toe tyd nog jonk was
Sterk en gefokus, planne kon jy maak.
Die wereld was jou speelplek, die lewe n afontuur.
Jou lag was helder, jou grappies sonder einde.
” Makiti”kon jy hou, almal het aan jou geklou.
Tyd het jou kom haal, eens n rakker nou bedaard, luister jy nou na die fluister van gevaar.
Jou lag het stil geword, jou grappies het n einde bereik.
Erns van die lewe het jou oortuig.
Steeds in jou sak, dra jy die eens gedagte toe tyd nog jonk was.
Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.