Die spook van Walvisbaai
Spook van Walvisbaai
Met donker maan en mis wat hang op die pad na Walvisbaai, kom maak spook Maria steeds ‘n draai.
Geen mens kan raai die rede vir Maria se besoek op pad na die baai.
Tonge klap – party glo dit is twak, maar een ding wat almal sê Maria vra altyd tabak.
As die wind so waai naby die brug van Swakopmund waar die mis laag hang spoor jy die spook van Walvisbaai.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.