soeke na vrede (Opdrag 3)
lig splint deur in donker Afrika se duister
‘n saad ontwaak in klip gekluister
met reën wat druppel om hom heen
word die saad deur God geseën
met sy naelstring aan bloedbevlekte grond verbind
het die vreemdeling ‘n eie moederskoot gevind
met blare deur die son geskroei
woedende winde wat om hom loei
buig die geknakte boompie laag neer
sy takke word weer-en-weer geskeur
stadig het daardie boom weer reggekom
want God salf hom met salf van eie gom
verrys hy ver verhewe bo gister se vernedering
vandag se winde van vertwyfeling
‘n majestueuse reus wat sy vrugte trots dra
gooi sy skaduwee oor die suidpunt van Afrika
maar tog sy wonde bly bitter seer
word altyddeur nog meer-en-meer
die verwyte van die hede se verlede
sy jaarringe kringend soekend na vrede
©Evanthe 2018
Maar tog het daardie boompie weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel die salf van eie gom.
Vergewe en vergeet, Totius
Die gewildste Afrikaanse gedigte (2013)
13 Kommentare
-
-
Loretta Szikra
Pragtige werk Evanthe.
-
Denise van Rensburg
Lief jou slotreël!
-
Alet
Baie mooi geskryf
-
Driekie
Baie mooi geskryf hier, Eanthe.
-
Callie Vermeulen
Pragtig Evanthe! En ek het geglimlag toe ek jou gedig lees, want ek het dit ook oorweeg om oor presies dieselfde gedig te skryf - en ook die gedeelte wat jy gekies het! Toevallig!!??
-
Estelle
Mooi Evanthe, ek hou van die ooreenkoms wat jy tref tussen SA se gebrokenheid met die geknakte boompie
-
Viooltjie
Goeie werk, Evanthe 😃
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie