Die najaar
hang sy verkreukelde mantel op
in die kas waar my klere
soos herfsblare hang
rooi en oranjegeel en roesbruin
geordend in rye tussen rakke
vol herinneringe en laaie
met verkleurde woorde
elke hanger dra ’n seisoen
van my lewe
en in elke hemp se vou
is ’n strofe nostalgie toegevou
’n leë hanger herroep
die soet reuk van jasmyn
wat soos stof van geleende tyd
in die najaar stil gaan lê het
©Pieter Mostert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.