Jongste aktiwiteit:

Toeka se dae

Toeka se dae

○ Ryno du Plessis 2026

Goeie ou dae toe musiek nog sin gemaak het, bure suiker kon ruil en die dominee nog huisbesoek gedoen het.

Kerke vol, tronke leeg en Crocs nog nie bestaan het nie.

Goeie tye toe dames nog bestaan het, voor mans se boude op hul hakke gehang het.

Toe die stembus nog gewerk het en die foonhokkie by die poskantoor was.

‘n Brood bekostigbaar en lekkers by die kafee nog op die toonbank kon staan.

Ma en Pa wat gou tussen een en twee kom rus,en die kinders veilig huistoe stap.

Dit is nie’n droom nie

dit was die goeie ou dae.

Deur: Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed