Jongste aktiwiteit:

Druppelprismas

Druppelprismas

Roggelweer en blitse het
die nag soos dag verlig
dreunend my drome ontwrig
met venstertik van druppeldans
het reën se nagmusiek
soos vioolklank oor tjellodreun
nag in watersimfonie deur
opbou na crescendo verander
tot oggend skoongewas sy lig
deur druppelprismas in duisende
kleure teen mure laat dans
en waterspore in poele
langs elke pad die dagspieël
in blou terug weerkaats

© Grootvissie
November 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak