Wie is Magriet? Goud
Pollefyntjie, tittewyntjie
op die tone tiekiedraai
rondomtalie op die balie
in die rondte wil sy swaai
Magrietjie van die Laeveld
met haar bonte polka rok
het sy almal in die skoolraad
uit hul skoene uit geskok
by die sokkie in die kerksaal
lig die wind haar mooie jas
Magrietjie was ‘n Gertjie
wat nog wegkruip in die kas
©Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir MAART 2026 – HERFS/KAS projek