Die graf was leeg
Die graf was leeg.
Deur: Ryno du Plessis
’n Ma wat ween.Haar kind se liggaam is gesteel. Was dit deel van Sy oordeel.
Die graf is leeg, so ’n skok om te moes beleef.
Na aan Sy God het Hy geleef.
Opgestaan, die dood het Hy oorwin.
Nuwe lewe het Hy gebring.
Soos die graf, lê elke probleem. Ons as mens wil daaroor ween.
Reeds het Hy voorsien, ons moet leer om die lig te sien.
Sonde en laste het Hy betaal.
Reg om die donker by ons te kom haal.
Wees dan vry, begin die donker vermy.
God beloof aan jou en my ’n lewe kommervry.
© Ryno du Plessis 2026
2 Kommentare
-

Christa D
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek