Waar is my Afrikanervolk … (In antwoord op Jan F. E. Cilliers se gedig ‘TROU’)
wat op aandag kon staan
“op vaderlandsgrond, sy hartsgebied?”
wat ’n vlag kon hys met ’n vallende traan;
en uit volle bors ’n Stem kon sing.
Waar is my “Afrikanervolk van durf en daad”;
waar is my regering wat sy stand kon staan
en korrupsie kon verslaan?
’n regering met ’n oog wat deur leuens kon kyk
en in sy skoot die waarheid kon ontbloot.
Gebuk gaan my volk nóú,
onder ’n regering wat sy stand nié kan hou;
wat korrupsie nié kan verslaan
en agter die meerderheid staan;
’n regering met ’n oog wat deur leuens nié wil kyk
en die waarheid in sy skoot nié wil ontbloot.
’n Regering wat duisternis in fases dikteer,
verkeersligte met donker gesigte fasiliteer
en slaggate in ons paaie inisieer.
’n Regering wat menseregte vertolk as misdadigers regte,
geoorloof in gewelddadige taxi-gevegte;
en vuil geld in kluise op plase
wat wag om gewas te word.
Stakings … betogings … plundering …
moord … roof … diefstal … verkragting …
elektrisiteit … brandstofpryse …
Waar is my Afrikanervolk
wat op aandag kon staan …?
en “op vaderlandsgrond, sy hartsgebied”
’n vlag kon hys met ’n vallende traan
en uit volle bors ’n Stem kon sing.
Waar is my “Afrikanervolk van durf en daad?”
——-ooo000ooo——-
(©:Pieter Mostert)
[Intertektse ook uit Jan F. E. Cilliers se gedig ‘TROU’]
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek