Suiderland
Brons
Met drie skepe het hy hier aangeland
met die Van Riebeeck gesin aan boord.
Die Afikanervolk se wortels kom plant
in hierdie mooie Suiderland.
Met oortuiging het hierdie volk gegroei
en die oë op God gevestig gehou.
Die mooi taal het heelwat later eers gekom
‘n taal waarmee die wereld notisie moes neem.
Kultuur het gegroei en ons uniekheid onderskei.
Die aanslae het gekom en ons probeer onderkry,
maar die Afrikanervolk het gekom en het gebly!
Trots en skaamteloos sal ek steeds die titel dra
vir my taal en kultuur hoef ek nie verskoning te vra.
Saam met Langenhoven eggo ek dit agterna:
Ek, ons vir jou, Suid-Afrika,
ek sal offer wat jy vra!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek