Inversie (Opdrag 2)
verslete herinneringe van ʼn eens gebroke lewe
bittersoet memories hang aan hierdie toiings
my bedelaarsbondel bestaan uit die sweetste sorrows
eindelose genade in amper niks hê nie
my grootse joy lê in die sagte kreukels van jou mondhoeke
soen die sterre ons goodnight in ons koerantpapierhemelbed
oorweldig deur maskers van weelde
vermom ek die verlange in die gemak van Egiptiese katoenlinne
Styl en Status kom kuier nie op eensame Sondagmiddae nie
Geld troos nie wanneer Stilte op my skree nie
geen soene van goud en silwer meer nie
voel ek brandarm in die land van melk en heuning
© Nadia Nagel
10 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Callie Vermeulen
Pragtig gedoen Nadia. Hou baie hiervan.
-
Driekie
Baie mooi, Nadia.
-
stella
mooooooi! love it!
-
Elroux
Lieflike gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Goed gedoen Nadia.