Jongste aktiwiteit:

Pretensieus (Opdrag 2)

ek sweef op die soetsuur noot van “ek lief jou”
waar ons toekoms blink in die weelderigheid van jou oë
en ek veiligheid vind tussen die resonansie van fluweelwoorde
wat ʼn illusie van volmaaktheid skep

die realiteit was toe nooit jy nie
uitgerafel en verflenterd staan ek tussen my eie braaksel van herinnerings
vol sagte murmurerings van “ek haat jou”
jy het die son kom haal
wat my blindelings laat glo het in die pretensie van wat nooit eens was

© Ryno Rossouw




15 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed