Jongste aktiwiteit:

Laat my sien deur jou oë (Opdrag 2)

Dis Vrydag…
en son klim handeviervoet oor die horison
met verkeer wat met rooi oë slangkronkel
teen die bult uit –
en blink oë wat spikkel-spikkel terugkom

ons sit soos winkelpoppe op ‘n ry…
gesigte strak, hare gekam met hier en daar
‘n silwer Samsung styf teen die oor
of ‘n wit rookwolkie wat by die ruit ontsnap
en tyd wat flitsend koggelwê

*

In my peinsing sien ek jou staan…
bordjie teen die bors, jou oë siende blind
en flentervoos gelap jou kleding en gemoed,
nou sit ek met ‘n gewete wat my vretend maan
want jou drome moet nou met armoede boet

sou jou oë sien soos myne sien
het jy dalk nou getof en gesilwer
maar nou laat jy my dankbaar…
en jy laat my kyk met jou oë
– wat dieper kyk




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

11 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed