Oes van die tong
Oes van die tong
Deur: Ryno du Plessis
Jou dag sal kom, jy gaan val, swaar sal jy kry; jou ondergang sal jy nie kan vermy.
In jou woorde sal jy stik, jou lag sal verdwyn.
Kommer sal jou kroon, alles sal jy verloor.
Here, seën my, lei my, bewaar my gesin.
Laat U oordeel my vry spring.
Wat jy saai, sal jy maai.
Wie plant dorings en verwag katoen.
Lewe en dood lê in die krag van die tong.
Seën jou vyand met die seën waarmee jy geseën wil wees.
Grou ’n gat en jy val self daarin, is wat die oumense ons leer.
Sou jou tong ooit weer iemand wil verwoes, onthou die saad van jou oes.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.