vervulling (Brons)
jy het die plekkies
wat altyd tevrede-leeg
binne my gelê het
kom vul
my hart gered
van ‘n bodemlose bestaan
sonder kant of wal
jy vul my holtes
die bolling van my seile
jy laat my reis en tuiskom
en wanneer ek toon-staan teen jou
gekoester deur jou
hartklop-teen-my-wang
pols die volheid van ons samesyn
warm deur my
3 Kommentare
-
morne du preez
baie mooi gepen en mooi liefdesgedig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek