Uitgeput (BRONS)
Uitgeput
Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn:
daardie vaag omskrewe plek –
nóg skouer, nóg nek.
Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn
en peinsend probeer peil
wat presies haar só opkeil.
Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn.
Want het beide van ons nie tog maar geweet nie:
verlange is geensins ‘n oppervlakkige skeet nie.
Haar kinders het langtermyn oor die waters verdwyn.
Net haar medies bewerk weekliks (tyd’lik) sameskyn.
©ASvdM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek